'n gedig uit ons argief

Universieël of plaaslik.

deur: EvertEsterhuizen
Dit voel weer soos agt jaar gelede se anxiety: millenial en free as fuck. Sonder patriarge wat hulle dogma op ons afsmeer en basaartannies wat begin sien hulle moet terugstaan. Daaityd NÉÉ geskree dat hulle wegstaan! En alweer skree ek: diekeer ja, jáá! JÁÁ! Diekeer vir dat hulle moet naderstaan. Ek het mense nodig wat al gestap het waar ek nog nie het nie. Nodig dat iemand wat al paar keer die Swart Hond vir 'n walk geneem het, vir my kan sê dis okay, gee hom net bietjie water. Ek wil hoor hoe ongelooflik sleg die oorlog was, en dat daar weird, brawe fokkers was wat uit modder en drek opgestaan het en weer probeer het. Hulle commitment stories internaliseer en hulle opdragte interpolate op 2020.Ek wil hoor hoe hanteer mense skuld. Gewone mense vir wie mens in die oë kan kyk. Boeke se arms is effektief, maar tog te kort. En mediese fonds-goed! Beleggings en hulp met jarre se ervaring en wyse insae in my verhoudings. Ek weet nie hoe om hierdie op my eie te maak werk nie. Hoe het mens iemand LIEF? Voordat dit ook net 'n patroon raak.Ek het bene van klei en neuk gedurig deur waterplasse. Ek soek 'n leier, 'n mentor wat okay is met complexities + contradiction, 'n bietjie hardegat oumens, wat kan uitwys waar sit die kak die diepste en wat kan regstaan met 'n graaf vir die helpslag. Ek wil nie doodgaan met net 'n biblioteek van wysheid nie. Asseblief Here, Amen

02-03-2020