Die Lasste Gedig

Haai, hoe gaan dit?

ons het lank laas gesels.

wel... hoe sê mens die

DIS NET JY of DNJ is nou DIS NOU NET JY

Ons het 'n goeie tyd agter die rug, tussen 2016 en 2021 is daar 1795 gedigte geskryf deur ek, jy en hulle.

DNJ het vir 5 jaar en 3 "seisoene" geleef.

3 websites, 3 foon apps, 3 databases.

Ons was in Ons Klyntji Zine, ons was beste-este vriende met klyntji.com.

en,

iewers in 2021 het ek designs vir seisoen 4 begin, maar...

ek weet nie...

Soms met die tipe goed verloor jy jou stoom, en soms kom dit terug, maar die keer het dit vêr-vêr weg gebly.

'n Maand of so gelede het ek die server vir WATSE ge-update en DNJ was perongeluk vir 'n maand lank offline. Nie 'n haan het gekraai in daardie tydperk nie... en toe besef ek:

DNJ het sy werk gedoen.

Ek, jy en hulle, het ons werk gedoen.

Die learning curve was styl: oor coding, oor myself en oor jou.

Dit het my geleer hoe om native apps en servers te bou.

Dit het my geleer eks sleg met Design.

Dit het my geleer ek ken jou nie.

Dit het my laat tafels dek met mense.

DNJ het my die geleentheid gegee om uit my situasie te kom.

sonder jou

Dit het my vriende toegelaat om hulleself vir 'n oomblik uit hulle situasies te skryf.

maar

Met tyd het ons situasies verander, ek praat Engels, ek leer Nederlands en onthou Afrikaans, my vriende skilder in die Oos Kaap en die tafels staan afgedek, ons praat soms, maar ons is 30+ en vir een of ander rede beteken dit iets.

en so sit ek DNJ en vir jou agter my

Ek los al die data hier.

Vir wanner ons mekaar mis.

Ons laste gedig.

Ons was hier... dit was fokken lekker.

Onthou my so

gta