Joune

kinders by doesyne

deur: Draadhond
onthou jy nog wat jou Ouma gesê het lank gelede toe sy die reëls neergelê het toe die wêreld aan die begin was toe ons mense nog min was? kry kinders by doesyne ja, kinders by doesyne ek vat vir my grond, nou noem ek dit myne ek wil my kinders nie bederf nie maar daar is geen plek meer op die werf nie vir die kinders is daar niks om te erf nie want Ouma wil net nie... sterf nie ek wil nie lê op my ouers se nek nie ek wil ook nie oorsee toe moet trek nie maar vir ons kinders is daar geen plek nie en die oumense wil net nie... vrek nie. in hul gloria...

15-08-2018

Begeerte

deur: Draadhond
ek is net ‘n dier sonder skaamte of manier ek leef net vir nou en hier ek’s ‘n mens net op papier ek is net ‘n hond my tong hang op die grond ek snuffel orals rond van jou snoet tot by jou... mond dis die begeerte wat my dryf op my voorkop staan dit geskryf maak nie saak hoeveel ek smeek my gedagtes het vasgesteek by die holtes van jou lyf gooi my met die boek laat staan my in die hoek preek met jou vinger in die lug tot jy blou is in jou gesig leer my om stil te sit met ‘n vurk en mes te eet so gou as jy jou rug kom draai het ek alles weer vergeet begeertes, begeerte, begeer ek het geen beheer begeertes, begeerte, begeer ek kan myself nie keer...

04-08-2018