Joune
Hin onvoltooide vroeëmôrevers
deur: Evertesterhuizen
In die diepste blou van vannag is
die waaier se werk koel op my vel.
Buite is dit uiteindelik stil.
Elke bergie toegevou deur koue; kil.
Sy is n apatiese toeskouer tot my bloedderige maalvleisgedagtes
die angs
die onsekerheid
die vuurtonge
en grynslag oor
Beleggings
Aftreegeld
Salarisse
Belastinggeld
Bankstate
Kredietkaarte
En n stukkende verhouding
Uiteindelik net voor vier
Net duskant die demoon se uur
Maak stilte plek vir voëlgesang
Die daeraad kondig sy verlossing aan
Vodde, grys en onkapabel ruik ek
Die bekende reuk: oggendson en skaduwee.
Sweet en teleurstelling.
Hierdie halfgebak en klaargebrand
Stiltetert en monkeybrain rand
Vir ewig in flux...
...Moet ent kry
26-04-2019
2 x Somnil voor slaaptyd
deur: Evertesterhuizen
Dit bekruip jou
Sagvoets
Op pofferkussingtjies
Sluip sy nader wanneer jy nie kyk nie
Van agter
Pilare
Mense
Aksies en
Beloftes
En skielik,
Flap! Flim! Flop!
Het sy jou vas
Haar doffel oondhandskoen bulte
Verdoof jou
Flap stadiger
En stadiger
Jou oë raak dowwer en droeër
En soos die lewe jou verlaat maak
Die hemelpoorte van
Soete slaap voor jou oop.
In jou hande gee ek my verstand oor.
05-05-2019
Kom laat ons sing
deur: Evertesterhuizen
Hiers ons almal nou te saam
Vergader in sy naam
O, ma-a-mon.
Deur die sand en see gelei,
Almal hier verlei en
Laat betaal
Groter was sy skaal,
Heeltemal fataal en
Skuld in alles heen
O, loof hom,
Prýýs hom,
Dubáái.
17-09-2018