Joune
story of my life
deur: V
identifiseer lank genoeg om hulle invested te kry in iets wat lyk soos die ideaal...
...en verloor jouself heeltemal in die proses
21-07-2019
Flavour of the month
deur: V
Ek weet nie hoe om dit mooi te sê nie, maar ...
Mamma, ek gaan met 'n stripper van Cherries trou. Haar naam is Lady M en sy't my haar Russian moves gewys.
Liefde,
jou eks-gay seun.
03-08-2019
Aartappels skil en skottelgoed was.
deur: V
Ek wil in metafore oor jou praat en jou gelykstel aan kartelblaarblomme of sware graniet hoekstene.
Jy moet neergepen word as singerige woorde wat drup van reënboogkleure en vlinder-gevoelens.
Maar ek kan nie. (Jy kan blykbaar ook nie) So ek gaan nie.
Nou praat ons albei maar van die "onbeskryfbare lekker van skottegoed was en aartappels skil".
22-10-2019