Joune
Suspect 2
deur: almero_welgemoed
Krul opEk sal lê oor jouSoos oor ‘n handgranaat
04-08-2019
Kak
deur: almero_welgemoed
‘n Opmerking oor jou opinie dat jy baie kak na die verhouding toe bring, in die lig van vandag se omstandighede:
Jy kak vir ‘n vale
En ek sit met die besef dat ek selfs dáárdie tipe kak sal opeet vir jou
29-08-2019
Julle beweeg te donners vinnig
deur: almero_welgemoed
Ek bel jou om te sê dit is amper NovemberDie somer was tot nou toe nog net sluipvoets in die gangeMaar vanoggend het hy homself voorgestel
Van voor af
Vanaand was soos die aande wat ek so graag onthou
Elke amper-November word ‘n kind in my wakker
En ek ruik koerantpapier en moerkoffie
Die wereld word rooi en groen en moerbei
Groter en harder en besiger en laf
(Daar is ‘n kersboom geraamte op die straathoek in Durbanville, soos ‘n mammoet wat gaan sterf het en net so bly staan)
Die maan le met sy stert in die see
‘n Onbekende spar laat my altyd aan vakansies dink
Perskes gekoop by die man wat dit in bokse by ons voordeur kom wys
Fisante in die erf langsaan ons
Hulle is banger vir my as vir jou
En ek mis alles wat was
Ek verlang na elke sekond agter my
As alles net dieselfde wou bly
As alles net vir n rukkie langer dieselfde wou bly
26-10-2019
3 jaar later
deur: almero_welgemoed
1068 dae agtertoe365 dae en nog 365 dae en nog 365 dae
En nou, ‘n leeftyd vorentoe
As ek alles kon oordoen, sou ek vroeër begin beter wees
Sou ek vroeër veiliger wees
Sou ek vroeër sê dat ek lief is vir jou soos vir asem - op ‘n behoeftige manier wat my oorlewing bepaalAs ek alles kon oordoen, sou ek dit net vroeër beginEn jou in die laerskool ontmoet
En jou vra om te trou met ‘n lucky packet ring
Of dalk ‘n rooi lint en ‘n cupcake vir oortuiging
Jy is 1068 uitroeptekens agter die woord “tuis”
En jy is 1068 eerste slukkies coke
Jy is 1068 tipes mooi
Jy is 1068 happies suurlemoenjellie op ‘n somersdag langs die see
05-10-2019
Donderbui
deur: almero_welgemoed
Ek het vergeet van die weerligMister Isakov sing jou hand tot op my been
Ek hou albei op die stuurwiel want dit reën
Ek het vergeet van die weerlig
Dalk is dit hoekom ek so min skryf
Dalk is dit wat jou bang maak vir my lyf
Ek het vergeet van die weerlig
Parys se strate raak spieëls
Nat olieverf op doek
Ek het vergeet van die weerlig
“Dit is lekker om vir die reën te luister”
En dan begin jy huil
Ek het vergeet van die weerlig
Dit reën nou meer binne die kamer
As buite
Ek het vergeet van die weerlig
Jou hand maak my mond toe
Aan die einde kon ek net trane proe
Ek het vergeet van die weerlig
As ek erens rustig raak, flits dit nog
02-11-2019
Langebaan, en laat
deur: almero_welgemoed
Langebaan verdwyn in misDit is ‘n Goddelike sug
Wat die dorp toe wasem
Jesus is vanaand dood
En Sy lyk is deursoek vir oorblyfsels van goud en mirre
Maar niks is gevind nie
Die laastes van dit wat waarde het
Het Hy vir huurgeld en koeverte gebruik
- Hy wou huistoe skryf, na Ma en Paps
Die moord was vinnig, sonder te veel geraas
En die balaclava met die kaalvoete
Is vinnig weer weg
Dit moes gebeur
En is geprofeteer
Steeds maak alles daarvan seer
- hierdie koning doodverslaan op teer
God wurg in Sy slaap
Want iewers by die Weskus lê Sy kind se lyk op straat
22-07-2019
Badkamer
deur: almero_welgemoed
WitTeëlsEn as jy te lank daarna kykWord dit hospitaal en dettolEn weggevee is die bloedEn weggevee is die roesEn weggevee is die spoegEn weggevee is die een wat jou moes heel hou
15-08-2019
As of ons gaan praat
deur: almero_welgemoed
Kyk gou hierKyk gou hier
Die nag klop aan die ruit
Deur besies te stuur om hulself
Teen die venster te smyt
En dan blaas jy op
“Ek word honger hiervan”
En dan blaas jy af
Oh, die bibberende liggies
Word al hoe meer angstig
Deurmekaar soektog, jy, die digterstof
Vir almal wat so graag iets soek om te lof
My paslaken is te groot vir my bed
‘N driekwart op ‘n enkel
En as ek rondom 2 uur wakker word
Het my voet ditself gaan versmoor in die los linkerhoek
Sy vra
“Kan ons more hieroor praat?”
Met haar slaappil arms op my bors bly ek die hele nag lank
Dink aan
Hoe ek voel
Wat ek sê
Wat ek bedoel het daarmee
04-10-2019
Verduideliking
deur: almero_welgemoed
Poësie, my mensIs dit nie maar ‘n Genoegsame verduideliking?Poësie, my mens, poësie
06-10-2019
Genoeg saam
deur: almero_welgemoed
En albei laat ons met die ideeDat as onsGenoeg saamTyd spandeerSal ons daardie raaiselUit kan span soos seileUit kan skryf in uitdraaikrytOp papirusDie liefde en die poësieAlbei so verwarrendAlbei so lekker om te probeerUitklaar
08-10-2019
Seance
deur: almero_welgemoed
Jy en jou sussie kom kuierSy, die enigste een wat my ‘n noemnaam gee
Jy, die enigste een wat my sonder letters of klank kan herroep, oproep,
summon soos die hof ‘n verdagte,
of ‘n nuuskierige ‘n demoon
Ons bly, soos altyd, in ‘n huis wat eers nie ons s’n is nie
En dan koop ons dit
Duur met oomblikke en belewenisse
Met paaiemente van:
half-8 koffies
laataand “ek moet praat”
middagslapies
volgendejaar-raad
En jy was nog altyd skottelgoed op jou tone
Jy het my probeer oortuig dat die kamer spook
Ek sien nou niks hier nie
Net ‘n spook van “hier was jy”
En “hier was jy”
En “hier was jy”
Al wat hier rondloop
Is die enigste tipe spook wat my al oorneem het
Herinnering
18-12-2019
Exit, persued by...
deur: almero_welgemoed
/I bid thee farewell/Dinge was goed en welMaar kyk, ek is nou papEn leegSo ek gaan my pen in my nek indrukEn my tikmasjien aan my bene vasmaakIn die Mooirivier inloopEn jou naam in asemAs ek daarna steeds leefSal ek hierdie donnerse boekKlaar skryf
28-08-2019
Ek dra ‘n size 7
deur: almero_welgemoed
Herfs hoort nie in Desember nieMaar Kersfees jaag altyd nader
Net na die chaos
Die donkerte was altyd in geskaats
En as ek dink aan die kere wat die nag lank was
Was daar altyd ek op wiele
Rolskaatse of Skateboard
En Florence and The Machine in die ore
Hard
Harder
Tot ek doof word
Vir die buitekant
Voet voor die ander
Momentum tot ek weer syn kry
As beweging ‘n mens kon red
Was ek die wederkoms
So ek het besluit
Ek wil rolskaatse hê
Vir Kersfees
Ek wil die chaos inskaats
Geen Florence hierdie keer
Doof is ek nie meer
Kyk uit, donker nag
Ek kom met momentum en almag
05-12-2019
God as sintuig
deur: almero_welgemoed
Ek hoop God is ook vleesWant ek sien Hom in jou hande wat bewe as jy moet beduide wat jy voel
Ek hoop God is ook vlees
Want ek ruik Hom in die vallei van jou nek as jy my probeer troos
Ek hoop God is ook vlees
Want ek voel Hom in die gewig van jou as ek jou slaappil-arms van my bors aftel
Ek hoop God is ook vlees
Want ek hoor Hom as jy stil bly met jou mond oop
Ek hoop God is ook vlees
Ek hoop God het ook gevrees
Ek hoop God is ook vlees
Ek hoop God was ook seer gewees
Ek hoop God is ook vlees
Ek hoop Hy word bang vir Sy eie idees
15-09-2019
00:16
deur: almero_welgemoed
16 minute oor 12Dis verby middernag
Sou ek by jou wees, was dit dalk al more
Maar hier, alleen, leef ek altyd in gister
Om dop te hou wat die jonger ek doen
En weer te sien waar alles dalk verlore gaan
16-08-2019
Genade in oog
deur: almero_welgemoed
Ek het ‘n tent opgerigIn die sfere van my sig
Wil jy hier kom bly
En rus kom kry?
09-01-2020
Wat ons môre sou doen
deur: almero_welgemoed
Ons het môre oggend van hier afGevliegJohannesburg toe en danPretoria toe gehitchhikeEn daar op ‘n bank geslaapTussen ou beddegoed en ander menseSe geheimeEn ons het mekaar ontdekEn die verlede ons weer gesienGegroetEn laat gaanOns het oormôre oggend van daar afTerug gevliegKaap toe en danGladstone Straat toe geuberEn hier op ons vloerKom huil Tussen ons eie beddegoedEn geheime wat ons albei kenEn ons het die huidige ons gesienGehaatEn verwelkom
16-09-2019
Hierdie weer
deur: almero_welgemoed
Ek wag vir jouOm huis toe te komSodat ons kan slaapAs ek tog net my hart vir jou uit kon hou
In my palm
Sou jy sien jy is op elke seerplek geplak
27-07-2019
Suspect 1
deur: almero_welgemoed
Ek sit met my good intentions in my mondEn ‘n wapen wat pas in die vorm van jou wond
Ek is verward meeste van die tyd
Al wat ek is, is slegte keuses in ‘n lyk
04-08-2019
Ou
deur: almero_welgemoed
Wat is rym evenInelkgeval?
08-11-2019
2x
deur: almero_welgemoed
Hou jou oë op my in die donkerEk sal weerlig word
Ek is glow in the dark
Op jou vensterbank is daar lakens
Van middagslaapchiffon
As ek opkyk is die satyn
Van die hemel jou plafon
Ons het die wereld gedraai
We made it in the second try
19-10-2019
By gesê
deur: almero_welgemoed
My woorde gaan opraakWegraakUithardloop;daar is sóveel afstand
16-09-2019
Kom tot rus
deur: almero_welgemoed
Ek wil my teen jou bors houMet jou ken op my kopMy gedagtes teen jou Laat doodloop En stop.DanWakker wordMy slaap inruilVir iets meer permanentDalk sterf in jou arms met jouTrane wat op my kroontjie drip
19-10-2019
Die veelvuldige sorg
deur: almero_welgemoed
Onder die man wat koerant lees langs sy hond op die parkie bankSit jy met jou dis-nie-so-erg-nie
Bed 32
Middag-om langs al laerskool kinners en hul maats, oorkant, geskei van die malles met tralies soos honde by die DBV
En die songevlekte geel linoleum vloere by jou kamerdeur, herinner my aan kots en braak en die pis van iemand wat detox
15-08-2019