Joune
verdwyn
deur: ankespies
kom ons ry
ek weet nie waarheen nie,
miskien net nerens.
ons kan erens op 'n koppie padkos eet
en praat oor die natuur of die weer
of die toekoms
ek weet nie,
net nie oor die verlede nie.
kom ons neem foto's van al die plekke waar ons stop,
ons kan by elke vulstasie plekke ruil
en beurte maak om te slaap.
kom ons pak 'n klein tassie
met net die noodsaaklikhede's
en 'n klein noodhulpsakkie met pleisters
en panado's.
kom ons skryf hierdie storie
sonder pen of papier
maar met foto's en herhinneringe en voetspore en liefde en glimlagte,
want niemand hoef te weet nie.
kom verdwyn net so rukkie saam met
my.
10-12-2019
Bethlehem bar
deur: ankespies
ek het verlief geraak
in 'n bar
erens in Bethlehem.
15-12-2019