Joune

Jou Facebook lewe

deur: aud6362
Ek ken jou nie meerWeet nie meerVan jou likes en sharesWant ek volg jou nie meerDie algorithms vir my werk nie meerIewers het ons mekaar verloorIewers het ons paaie geskeiEn dis okayEk mis jou nie meerMy algorithm is volVan musiek en SpaansVan travel en nog meerVan interessante dingeEn by ander mense leerVan raadvra en raadgeeVan like en share Van dinge wat saak maakAl maak dit net sin en saak vir myJou algorithm kruis myne nie meer En dis als okay....

02-08-2019

Mr Instagram

deur: aud6362
Jou kleurvolle woorde raak aan my gemoedDit helder die dag op in reenboogkleureJy is nuut op InstagramHeel verdwaaldJou pad deurkruis myne en word eenVan kleure en lag gesiggiesn Dag vol lees en voelVan seerkry harte en te deelVan n nuwe dag aanpakMet vleiende woorde is jyn Aansporing vir die dag wat voorleEk glimlag en skryfn hart wat ligter word by die minuutDie pad deur jou Instagram hartMr Instagram jy is goed vir my

12-07-2019

Oseaan

deur: aud6362
Dit kan net jy wees wat dit doenMy vasmaak met seesandMy mond gesnoerWant as die branders oor my kaalvoete glyWil ek gilMaar ek byt my hemp vasEn laat die water oor my spoelMet die heerlike weteHier is net die beginVan in die branders rolMonde gesnoerVasgemaak in seesandAan n oseaan wat woel

05-09-2019

Ek het jou gemis

deur: aud6362
Ek het jou gemis DNJ My klankbord in die diepe nag Van slaaploopheid en wag Vir dagbreek geluide voor nog n dag Die nag is verby en sy is weg My rooikop meisiekind wat was En saam met haar het ek iets verloor My eie donker nag

20-06-2019

Gister van gisters

deur: aud6362
Dit was weer een van daai daeDie gister van gistersVan onthou jy nog en meerHierdie keer was dit beterKon ek glimlag en die trane keerWant dit wat was is nie meerNou bly net die hoop van more oorn Nuwe dag n nuwe beginEk vrees nie meer moreWant vandag is more se gister

23-11-2019

Na middernag

deur: aud6362
Weer jy wat vir my wakker hou Nie eers die maan wil vanaand skyn Ek luister na die stilte Dit raas en suis in my ore Ek praat met jou Jy luister nie Jy antwoord nie

26-06-2019

Dis net jy

deur: aud6362
Ja DNJ dit is alweer ek en jy My laatnag wakker le en wonder klankbord Wat se raad het jy Moeg is ek en gedaan Maar net jy sal verstaan Ons rooikop pop se tyd is min Haar liggaampie gedaan Gebroke harte omring haar bed En my keel raak dik Wat spreek jy uit in hierdie sombere tyd Ons rooikop pop se moederhart is aan die breek Haar trane vloei al meer Hoe vertroos ons haar in hierdie bitter koue nag Gee tog raad Hoe hou ons dan vas aan haar Terwyl die engele wag om haar rooikop pragkind te kom haal Ons rooikop pop se tyd is min Bleek en weerloos le sy daar Leeg word my hart Diep en seer Ek het geen woorde meer Ons rooikop pop se tyd is min.....

11-06-2019

Sy naam is Fok

deur: aud6362
Jy se Fok is n vloekwoord Maar waar kom hy vandaan Wie in die geskiedenis het besluit op sy lot Want menige mense gebruik sy naam En tog ken niemand hom al roep hul sy naam Sy naam is n sonde in ieder se oge Maar wie het hom so gedoop Sy naam word elke dag gebuig Na elke een se tale Self is hy nie meer seker wie hy is... Fok - fokker - fokkit - fokkol En dan kry hy by elke een n ander van Fok #$%^** Geen wonder hy soek die een wat besluit het oor sy lot Want nou leer die oues hul kinders Roep nie sy naam dis sy lot Iemand het besluit sy naam is n vloekwoord En iemand is nou dood Wie gaan dan nou die vraag beantwoord Is sy fokken naam Fok dan nogsteeds n vloekwoord ??

07-06-2019

Dokter Dokter

deur: aud6362
Jy kom uit die nuutMaak reg wat so lank al stukkend wasOndeunde bruin oeSagte hartLaat mens glo in nuwe toekomsteVan feeverhale wat wagJy wat lewens red sonder om te vraGee jy van jouself soveel sonder klaMaak gebreekte bene weer heelVerlig smart in n donker veraf landMag dit wat jy daar ervaarNooit die sonskynglimlag uit jou haal

11-07-2019

Ek luister 9

deur: aud6362
Die laatmiddag sonnetjie maak my lui Ek sit en le en luister Die blare ritsel en die skaduwees beweeg Dit raak stil maar ook nie Julle hou aan praat en ek luister Van lank vergane gebeure En van dit wat nou gebeur Van kinders en geld en wonder Wat voorle vir my en jou En onse kinders wat nog wou Van ontbeantwoorde vrae en gebede tot hier en nou En ek staar by die venster uit na die dowwe laatmiddag winterson My hart pyn en ek sien die lyding Van ons van hulle en haar Ons rooikop sonskyn kind wat ons verlaat My keel trek toe en my gedagtes verjaar Van dit wat was en meer Hoe maak dit nie seer Die rooikop liefling kind wat ons verlaat

08-06-2019

Is dit nag

deur: aud6362
Ek le in die voornagEk hunker na jouEk skryf in die nanagVan verskietende sterre'n donker maanEk soek jou in die woordeVan my skermMaar dis nagSo word my voornag Net n donker hunkering na jouEn my nanag bly leegSonder jou

12-09-2019

96

deur: aud6362
Ek dink aan jou Kromgetrek oumens kind Jou uurglas leeggeloop Jou leemte le Vyf geslagte in vergaan Jy is nou weg maar hul gaan aan Geseend was jy met mensekind Jou eie dogter jou eie kind Jaar na jaar onbaatsugtig versorg Jou engelkind Leeg le haar hart hoe kan jy verstaan Die weg wat die lewe baan Almal het verloor vanaand Maar wie gaan haar hart verstaan Wie kan haar vertroos en dankie se Jare se versorging en nood Van liefde en gee van opoffering en nie vra Meet nie jou verlies met haar Haar smart sal wees onmeetbaar Haar opoffering en liefde tot einde en klaar Oumenskind weggegaan Spreek jou seeninge oor haar

10-06-2019

Ons rooikop pragkind sonskyn kind

deur: aud6362
Vandag is jy weg.... En nou kom die vrae Waarom dan jy waarom dan nou Weggeruk uit ons lewens met jou pyn en lyding Maar so wil ons jou onthou N pragtige sonskyn rooikop meisiekind En net die liefde in ons harte vir jou....

16-06-2019

4am

deur: aud6362
Helder wakker le ek nouVan drome beroofJy spook in my nanagWat is dit met jouJou diep stem uit die noordeVerdryf die slaap en my woordeEk skryf nie meer in die ritme van jou stemEk teken nie meer die lyne van jou lyfEn tog hunker ek steeds na jouWyk nou uit my nanagMaak my vryOf kom haal myEn hou my ewig by jou

26-09-2019

Vadersdag

deur: aud6362
Vadersdag kruip nou nader En ek weet jou hart word ook swaarder N dag van niks he om te vier Want julle is nie meer hier Ek kyk rondom my en vra Wat is n vadersdag sonder n pa Soos n skilpad se lee dop Die bo deel van n uurglas Die lee plek aan die middagtafel Die gat in my hart Ek wil jou troos maar die woorde stik in my keel Myne is weg joune is weg Wat maak ons dan nou Stik in ons hartseer Maar dank ook die Heer Vir n vader soos myne en n vader vir jou

12-06-2019

My na middernag lewe

deur: aud6362
Weereens die stilte van kloppendesekondes in na middernag ureNet die sagte asemhaling van jou is hoorbaarRustig en diep teken van 'n kommervrye leweJy kry aandag en kosWarm bed om mee te deelEk vra jou niks ek verstaanJy kan nie praat nieNiks vertel van wat jy sienJou stilte sal verewig duurEn dis okayJy bly my beste lojale vriend

12-07-2019

Vadersdag -1

deur: aud6362
Ek word wakker en verwonder my opnuut aan hierdie dag Dieselfde vrolike geluide van buite Nog n vrolike dag Dan tref n nuwe gedagte my Dit is Vadersdag vir my en jou Ek lees die boodskap op my foon Jy's weg, jou ewige Vader het jou kom haal En ek skuif my pyn opsy en dink aan jou En my hart is bly en seer en deurmekaar Hierde is n dag van wen en verloor En ek dink aan jou vadershart Leeg en koud en vol pyn Alleen op hierdie dag met sy eie smarte en berou En ek wonder dan nou wat is die ergste nou n Vadersdag sonder n vader of n Vadersdag sonder sy kind En ek omvou jou in my gebede want ek ek nie jou rou

16-06-2019

Hoekom

deur: aud6362
Daar is nie meer omdraaikans Die woorde is gese Jy't dit gese sonder om eers te dink Hoe dit my lewe sou beinvloed of verwoes Nou is dit te laat jy is weg Jammer sal jy nooit kan se Maak nie saak jammer kom te laat Nou verstaan ek eers my woedeweg Iets wat ek moet beveg Net ek kan my heelmaak En ek gaan Anders gaan ek nooit weer kan dans Kaalvoete in die reen

06-07-2019

Nie meer wakker

deur: aud6362
Snags le ek nie meer wakkerWant jy klim nie meer deur my vensterdroomEk sluit my oe en weetDaar waar jy isMoet ons nog kom

24-07-2019

R2019SNLV

deur: aud6362
Ek wil vir jou n gediggie skryfRated R in 2019 wat de helMy lyf is deurweek van jouJou hardheid verstom myJou glinster verblind myJy hou my wakker tot ek komOm die deur oop te maakNa n nuwe dagMet of sonder jouJou woorde laat my lagEn jou poster hou elke beweging van my dopEn spoor my aan vir nogOm nog te skryfMaar my mond is gesnoerMy keel is droogJou stem word stilEn die oomblik is vir ewig verbyEn nou is jy weg...

10-09-2019

My inspirasie

deur: aud6362
Ek weet nie hoe ek weet nie van waar Het jy gekom op my skerm praat Soos n ster in die donkernag 'n rigtingwyser 'n noorde ster Jy vertel jou stories en dit raak aan my Jou wyse woorde bly by my Gee rigting van 'n ander universe tot hier Ek lees jou skrywe en deel dit wereldwyd Iewers verlig jy dalk nog iemand se pad Raak dit iemand anders se hart Bepaal dit iemand se pad Bly wie jy is My noorde ster Praat op my skerm jou wyse woorde My inspirasie vir elke dag...

08-07-2019

Dis koud

deur: aud6362
Ek kry bibber en ek kry koud Ek trek my rooi leeu supporter mussie oor my oor Ek le en wag vir die donker om my te vang Ek het niemand om nader te trek Om my warm te hou Ek trek jou nader DNJ Ek gee my sorge oor aan jou Ek deel my nuus van verlies en sorge Net met jou Van my oumens tante se weggaan Van my jongmens niggie se laaste ure More is jul altwee gone En ek wonder en wonder Van n purpose en wat wou Van jy met 5 geslagte En jy wat nie voort kan bou Van jou volle lewe van kinders tot agter agter kleinkinders Van jou wat nog wou begin En ek wonder van n purpose Van my en jou

10-06-2019

Vreemdeling

deur: aud6362
Jy maak jou deure oop vir myJy sorg vir n bordjie kos vir myJy vra niks jy oordeel niksWant jy weet van swaarkry selfEk word wakker in n snoesige bedjieEk luister na die voeltjies se fluisterEn ek wens die God wat jy dienEn wat vir jou sorgKen ook vir myWant as ek vandag hier weggaanWeet ek nie meerIs daar nog n plekkie in hierdie lewe vir myEk vat nou my bondeltjie en loopMaar nie voor ek hierdie vreemdelingSeen vir daaglikse brood

17-09-2019

Wat is jy...

deur: aud6362
Ek skryf vir jou...My museWat is jy?'n Engel of duiwel?Jy inspireer myMaar jy snoer my mondEk worstel in jou gedagtesJy in myneEngel of duiwel?Jy is...Jy was...My muse

12-09-2019

n Laat Laat middernag uur

deur: aud6362
El le wakker en luisterNa die laat laat middernag Se gefluisterEk probeer om te skryfMaar gedagtes aan jouBlokkeer die woorde van nouKom terug na myEn wees net nog eenkeerMy laatnag muse

08-10-2019

Einde

deur: aud6362
Elke keer dink ek weerHier breek die ellende einde aanMaar nog nooit gesienWat dan tog nouNiet breek die einde aanMoeg gespook, gespartelNog niet die eindeTel ek myself maar weer opWant die einde ellendeIs nog niet nie hier

27-08-2019

Voete

deur: aud6362
Kaalvoete opi strandKaal spore deur jou hartKaal is my toekomsKaal is my hartKaalvoete tussen lakensOmkrul tone ini nagKaal bly my bedLeeg is my hart

12-09-2019

Sterre donkernag

deur: aud6362
Die nagswarte duisternis sluk my in Dit vul my hele wese Die bloedrooi kleure wentel om my Pols deur my lyf Ek weg my baan deur die sterre donkernag Maar vind geen ster of lig vir my Die band van donkerte omring my En al wat ek sien is die bloedrooi kleure Wat wentel om my Die sterre donkernag Bly by my

26-06-2019

Nagtelike oggend

deur: aud6362
Deur die diepste donkernag voel dit soos oggendDie donkermaan het n sonskynglansDie lang nagstilte speel musiek in my oreMy koue hart brand warm in myMy vergete gedagtes smelt weg in stromeVan helder modder water poeleMy gedagtes slaap in sy wakker oeVerskuil teen die nag se warm koueDie woorde vertel van die warboel binnekantSny deur bene diep binne myDie nagstilte neem sy wraak en verjaag die musiekDie songlans word verdring deur n donker maanMy vuurwarm hart smelt weg in myTot net die ysflokkies oorblyVan n sprokiesdroom bly niks meer oorDie helder donker nag alleen bly staan

12-07-2019

Bedankingsbrief

deur: aud6362
Ek lees jou skrywe op DNJ En ek wens ek het jou geken Wat skryf van bedankingsbriewe Aan mense uit jou lewe laat gaan En dit fassineer my oneindig My bedankingsbrief aan jou Te diep om te verstaan Bedank ek jou nou werklik Of laat ek jou nou maar net gaan... En ek soek eindeloos na woorde Om my bedankingsbrief mee te vul Is dit net dankie Of laat ek jou nou gaan? En ek worstel in my gedagtes En kan nie verstaan Wanneer het wilvreemde mense Dan jou plek uitgestoot in jou eie nuwe baan En die die horison van alleenheid Kom my troos en vul my wese Uit vreemde hande...my enigste troos

22-06-2019