Joune
in swart-en-wit
deur: ek.is.anouk
op die paaie van
my palms
skyn/skuil
die
son(de)
02-07-2019
2.0
deur: ek.is.anouk
Die skrif is aan die muur:
wondergom.
15-05-2019
Kalahari
deur: ek.is.anouk
Ons gaan blikkieskos eet;
bound to be
an adventure.
15-06-2019
karplaks!
deur: ek.is.anouk
met jou hand
in die holte van my rug en jou gesig
na my gedraai,
het jy my
trappie
vir
trappie
boontoe gelei -
agteruit, so gewoond al -
en vasgenael op jou oë
so. bloody. blou.
het ek nie besef nie:
my flat is al op die tweede vloer
eers toe my regteroogbal
op die oorkantste sypaadjie omrol
en jou gewaar
by vloer sewe se ruit uit
kots, tref dit my:
my flat wás al tweede vloer
kyk,
jy kón die hysbak gebruik het,
dan was dit baie vinniger
verby, jy
is vasberade,
I'll give you that
maar vir sulke games
kort jy ʼn sterker maag.
08-04-2019
Verlep
deur: ek.is.anouk
Die kerkklok luideur die mis.Jy het werk om te doen.Doodmoeg, ja,sê jy twee-uur (oggend),dis oor die harde werk.Dan's dit seker maardala what you must,I guess, jyweet mos wat jy moet.Ek dink slaap,maar anyway.
04-08-2019
11.05.19
deur: ek.is.anouk
Die somtotaal van wat
ek vandag verteer het:
'n salami stick,
'n nartjie,
'n peer (nie myne nie),
'n halwe appel (wel myne),
'n halwe slab dark chocolate,
nege ure van George se son,
en die geskiedenis van die sonate. Dit
klink soos ʼn
onvaardige, onvoltooide
postmoderne gedig.
15-05-2019
Oops
deur: ek.is.anouk
anderkant jammer
is ʼn baie ver plek
09-04-2019
We agree on something!
deur: ek.is.anouk
"Nothing lasts."
07-07-2019
Leen
deur: ek.is.anouk
Kan ek dan nievan geleende tyd tussennou en nou-nou gouvanoggend weer gisteraand maaknie, met meer van gisteraand se ons, minder Sondag se spyt,en tydom nie weer te vermorsnie.
19-08-2019
duif
deur: ek.is.anouk
Dog het gedag
ʼn hoender kom op
as hy ʼn veer plant.
Sal daar dan vrede opkom
as ek jou met die bure se
dooie wit duif
op jou bors begrawe?
En as ek ʼn olyftak
in jou skedel bêre,
sal jy vir eens
- net éénmaal -
nie kwaad gaan slaap nie?
14-04-2019
Klein Pella
deur: ek.is.anouk
Hulle sê
'n plek is godsverlate
maar hiér
hier is byna niemand
(nie nóú nie);
hier is dus
die wêreld se plek vir God.
17-06-2019
Hoesê?
deur: ek.is.anouk
Sê my asdie leser nieverstaan nie,wat danis die doel van jou gedig?
20-09-2019
Ek probeer
deur: ek.is.anouk
Ek sweer ek probeer
om te bytel aan my
skrywersblok, maar
ek sukkel
om aan my woorde
uit binêr
geboorte te gee.
Sondag se asem
is ʼn lewelose sug en
die papier kreun
onder geil betekenis.
09-06-2019
Raai wat?
deur: ek.is.anouk
Iemand het gesêek moeteerder skryf as teken.En?Ek het vandag weergeteken.
11-11-2019
leeg, leeër, leegste
deur: ek.is.anouk
vanoggend is altydte laatvir gisteraand
21-07-2019
Wellington
deur: ek.is.anouk
kom ons huil
a) oor hierdie
Breyten gedigte
b) oor die geld wat
ek daarop spandeer het
(en dus nie meer het nie)
11-06-2019
Op pad terug huis toe
deur: ek.is.anouk
Hoe is dit dat die sondealtyd Sóndaeop my rug kom lê?
18-08-2019