Joune

die klonkie

deur: ella.haal.asem.asseblief
vir jare is jy my held ek gee vir jou soms geld of koop vir jou lekkers of net skoon water of gee vir n trui in die koue vir later ekt jou weer gesien in die week jou oge se vriendelike strale het deur ys in my hart gesteek mense dink jy staan en smeek eintlik staan jou siel en preek vir mense soos ek wat amper nooit is op n lekker steady plek jyt geloer na die joggies gese die nuwe mense sê hulle het nie tyd vir "drek" ekt jou gesien en jyt my gesien ons het gesmile en geweet dat ons altwee soms beter verdien maar dat ons is soos die voëltjies jy is eintlik nou groot ou klong in namakwaland beteken dit nie jy is n jong jys my kind voel dit al for long ek skryf vanaand n nuwe song: kaalvoet kinders van die wind Jesus is Sy kroon se pêrels goedgesind sien jou weer saam met die waai van die lewe se vind mag jy altyd goedheid en guns vind.

19-10-2019