Joune
-
deur: francoislct
Toe leer ek Nietzsche by 'n Suid-Koreaanse boyband
BTS het sewe lede
Infiltreer die Weste met K-Pop
En wen dalk eendag 'n Grammy
RM, die groep se rapper, sê oor fate en destiny, en dié filosoof
“Amor fati, love your fate”
Ek het nie die mandaat ontvang om die wêreld te toer nie
Ek is nie 'n blas meditereense seun op 'n yacht nie
Ek bly ook nie in Ugunda nie 🌈
Maar, aanvaar, sê RM
Aanvaar jou ingebore pad
Dan kan jy daarop begin draaie maak
Die K-Popper sê hy glo in sy lot
As syne om te verander
En ek glimlag, toegepaste
Nietzsche, van 'n K-Pop band
04-08-2018
-
deur: francoislct
Ek het nog nooit ‘n boom besit nie
‘n kar gehuur nie
of ‘n bank gekoop nie
Ek besit nie ‘n oond nie
Ek het nie gordyne nie
Ander mense se grasperke is vaal
Ek is sonder hierdie dinge
Kuns is in galerye
Lewensversekering op die radio
Hoe betaal mens dit? Hoe gaan mens dit aan?
Ek is sonder hierdie dinge
Wat ek oor skuldig voel
Ek is in hierdie wêreld
‘n besoeker
(2017)
04-04-2019
Juanita aan't vlieg
deur: francoislct
'n Muslimvrou sit langsaan Juanita
Juanita lees Amanda Palmer se outobiografie
Uitdagende voorblad
Sterk boodskap
Eerlik, opreg
Die onbekende vrou kyk
Stip, soms
Juanita: “Do you know this author?”
Die vrou sê nee, toeganklik, half verwonder
“Here, have it”
Sy protesteer, bied geld aan
“No, it's yours, just read it, pass it on”
Die boek was net half gelees
15-11-2018
deur: francoislct
Soveel ongelese boeke, maar steeds sal mense skryf.
26-05-2019
deur: francoislct
Eksistensie maak nie sense nie
En dit help nie om te wens nie
Jy word nooit mens nie
17-06-2019