Joune
Offer
deur: glasasem
so ek donner al my gedigtein los papiertjies en notaboeke
en daardie halwe manuskripte
wat niemand inelkgeval sou lees nie
myself
op jou altaar neer
ek hoop híérdie offer
is aanneemlik vir Jou
29-08-2019
Elegie vir die Moeder
deur: glasasem
Die son
kom traag
oor 'n grys
aarde op.
Asem die
rook in
groot teue
tot diep
in haar
longe
gebore
in roet.
Die aarde
lê stil
uitgeklop
na te veel wyn
wat gedokter is
en onwetend
in haar are
gepomp is.
Die kind in haar maag
is dood.
Voor geboorte verkrag
haar lewe
met 'n geroeste hanger
uitgeskraap
en vir oorvet katte gegooi
om op te kots.
Die aarde
lê naak.
Beswadder.
Vuilgevat
met jagse hande
wat haar borste
oopskeur en dans
in haar melk.
Moeder.
Bloed.
Skande.
Rooi riviere
van bloed
en melk
en ru-olie
pomp
deur die laaste
oorlewendes
se koolstofharte.
Glo nog
hulle is veilig.
Die son kom mos
nog skaam op
Glo ons.
Al sien ons haar
nie meer agter
die roetgordyn nie.
15-05-2019