Joune
onblusbaar
deur: @jane.de.wet
we didn't start the fire
weerklink op die radio
dis saterdagaand laat
'n kamer vol kwesbare tienerstudente
wat in die daglig baklei vir dit wat reg is
maar wat nadonker weer settle vir alles wat verkeerd is
they merely exist in die wêreld se kontras
besluitloos en onderdruk
uitgesproke en progressief
vertrap tog heel
konstant geroetineer
iewers 'n tikkie spontaniteit
maar niks verander nie
ten spyte van vooruitsig
stry en baklei
die mens
hardkoppig konserwatief
vrywillig ongeleerd
alles bly onveranderd
soos dit heeltyd was
02-04-2021