Joune
Verganklik
deur: kayla_de_jager
ek sit buite, arms uitgespan oor
die ou familie bank- verblykte hout-
honde se geskarrel pla my
tussen my bene gevleg op my voete
maar dit gaan ook verby -aandag is verlore-
nie soos my oë wat lui gefokus is
ek staar oop na die boom
só diep buite myself -tyd sit in my hart-
dat ek droom
dagdroom, sweef saam met die duiwe
my gedagtes
dit was nie lank tot ek terug val
in gees
gedagtes -hulle was te swaar-
te heuwig om my bo te hou
maar net soos die son gaan ek ook onder
en tyd word net weer ‘n metafoor
10-05-2020
Valse woorde
deur: kayla_de_jager
woorde wisseling oor depressie
val uit hul monde
soos dooie blare van bome val,
in herfs
hulle stoot dit rond soos
‘n swart plastic skooter
die eggoe's versprei vêr en wyd
tartend spot hulle die wat rerig sukkel,
soos die druk op my toeneem
sak my voete onder my uit
ek is 'n pas gebore lam
my kinder gedagtes word gevul
met flitsende prente van hul monde,
woorde wat soos ’n koëel deur my trek
diep-diep binne my word iets ontwrug
die gesweerde wond word oopgekrap
ek steek my gevoelens weg onder my vel,
maar jy trek my oop
druk my tot ek breek
tot ek vryval in my toekoms
onskuldig in die hof
maar jou hart is meer onrein
as die swart kringe onder my oë
20-06-2020
Poetry voice
deur: kayla_de_jager
my music has gone silent
I must pick up my pitch
my voice
to redeem my true potential
hands are filled with creativity
my unconsciousness is pushing me out, words
sometimes accompanied by emotions
when they come
the stream out
like a steamy bath of water
through the tap
to my pen
and there it begins
21-06-2020
Binne 'n o o g k n i p
deur: kayla_de_jager
N susters miskraam vroeg
Een totsiens begrafnis aan oumie
N gehuil tot 12
Een oproep na half
N gesleede jaag na Virginia
18 verlore skaapie beeste tuis na 3
Een ys stil rut terug by die huis
N moedswillig lang dag later
Draai van leeg na vol
Binne my een Vrydag middag na aandete
24-07-2020
Met myself
deur: kayla_de_jager
Ek gryp my sleutels in die verbygang
tel my Ray-bands op
hou Ouma Rita se blokkies kombers
onder my arm
prop alles in mekaar
vergeet toe amper my film
met al die geskarel
klim toe in Halfie- my tuna blik- ek is uit
ek soek toe die grootse groenste grasperk
meer ‘n weiveld
parkies klassifiseer as ontspanning
in eensame dorpies; met lang gras
hou ek piekniek
met myself
-Na Corona
26-04-2020
Vergeet my
deur: kayla_de_jager
Lang eentonige staar sessies
by vuil venster uit
spasies in my gedagtes
word gevul
net voor my glas oorloop
voor ek spring in die arms
van rooi wyn en mal vriende
tot laat aande met...
Met my pen,
skilder doek op my skoot
op soek na die buite lyne van jou
ek ontou jou nog
al het jy my vergeet.
22-04-2020
Wat glo jy?
deur: kayla_de_jager
Om te dink jare gaan verby
Waar ons gebreinspoel word
Teneur gedruk word deur die bybel
Tog net moet glo
Slegte goed is net beproewings
Of hoe. Dis wat hulle mos dink
God is God, die een wat nie voute maak nie
Al hoor almal hoe kinders se stemme
na verkragters
Skree in Gods naam om mans te straf
Beproewings
Vroue in beledigende egoïstiese verhoudings
Vernederend, maar elke sondag op die familie bank
Beproewings
Narsiste wat ons in leuns laat leef
Beproewings
Kniel elke aand voor my bed
vra, smeek om alles wat slegs is te verander
Die ironie van al die NG gelowiges
die gemeenskap van tannies en ooms
met ‘n dominee wat kollekte neem vir sy cult
Glo soos kinders
G’n kind glo in dié konserwatiewe nonsense
Wat ons daagliks hoor as Christene nie
Swart leer band boek vol stories en ervarings van mense v. C
Glo jy rerig net die opinie van ‘n medemens
Is lewe rêrig só eenvoudig?
Moet ek hulle woord vat
Vertrou hierdie was wyse mans met geen voute nie...
Sit jou hande in die grond
Tussen ʼn droë sonneblom land
Voel die skepping en die wonder werke van lewe
Glo in verander en aanvaarding
G’n kind glo in rasisme
diskriminasie teen die gays nie
Glo soos ‘n kind
As jy dink om iemand se hande in mekraar te druk
Ongelowiges se knieë te breek om voor God te buig
Kort jy liefde en geduld
Alles wat ek vandag weet van die Christendom
Is afkomstig van die eerste Adam en Eva storie
Van kind wees ingedril
Oor en oor gepreek en vertel
Voor bed, vroeg oggend, Sondagskool
Alles om net as 17 jarige te se: “Ja, ek glo’’
Een woord en jy is ‘n lidmaat. Sewentien jaar
Ek mag nog nie stem vir ‘n president nie
Maar die NG kerk se ek ken God
Wat ‘n klig
16-06-2020
Is dit jy?
deur: kayla_de_jager
Ek hoop my woorde spreek waarheid
ek hoop my musiek maak jou broos
tot waar jou gees tot beskiking kom
ek soek jou
jou harde hande teen my wit klawers
maar jou teenwoordigheid
los my eensaam.
Ek val sag weg tussen die hande
van ‘n man
22-04-2020