Joune

VROEGHERFS 2020

deur: koosakombuis
Vandag is die verhoog weer leeg. Die kroegstoel staan, alleen, verlaat En daar’s geen boodskap, liggies, Geen gepraat. Stokstyf staan die mikrofoon se staander daar. Vanaand is daar geen liedjies, geen kitaar Slegs die stilte Van rye, rye sitplekke Wat oorstelp daar sit en luister Na die leegte Wat weerklink – Soos strofes Wat geskryf is Sonder ink, Onsigbaar En gewigloos Soos ‘n blaar Wat warrel, warrel, warrel Deurmekaar.

27-04-2020