Joune

Ontsnap Roete

deur: liesekuhn
Ontsnap Roete - Sy is vol pienk Sterrie Stumpie, Gummy Bear, Meltertjie, onplaasbare rooi drankie, Tassies en kerswas, Anna en trane. In die kar, by die Boer, langs die rivier, onder die Akker bome; die voogde van die dorp se geheime. Sy is vol. - Sy ruik die boerewors rolle buite, die goedkoop slaptjips, die Bluemix en die bakleiery. Sy ruik vuil strate en Jan se bloed op die sypaadjie omdat hy weer Tshepo se kant gevat het vanand. Sy ruik. - Sy hoor badkamer praaitjies en ‘n badkamer doop soos wat die onplaasbare rooi drankie se towerkuns begin verwaag en met vurige spoed sy onstnap roete vind. - Sy hoor hartelike drome wat rond-float en by die deur vas sit. Sy hoor herre is vir sterre en klasgee in Sjina en babas en trou en boer. Sy hoor. Sy luister. - Sy sien haar Pa se boesemvriend met sy trou ring aan maar die vrou aan wie hy klou dra nie dieselfde van nie. - Sy sien vreemde gesigte in flitsende ligte - wat almal op dieselfde tyd dans en droom. Sy sien hande wat smelt op onbekende lywe, sonder toestemming en sonder passie, blatant onder die invloed van die aand se lus. - Sy kyk op na die Koo cans Suid-Afrikaanse vlag en wonder of sy hier op die vuil en vaal bank wil bly. Teen die einde van die Heuwels se nuwe liedjie maak sy ‘n besluit. - Sy maak haar hare los, haar veters vas, die voordeur wawyd oop en begin om saam met die drome weg te draf.

02-08-2018

Kraak

deur: liesekuhn
Ek kraak oop om plek te maak vir die maan, vir vars lug en vir ‘n somer lied. • Ek loer in om te sien of my siel nog daar lê, nogsteeds pienk en rou en gereed? • Ek ruik die soetheid en kaneel en heuning. Ek gly my vingers tussen die stukkies wat nou hard is. • Ek huil oor hulle, in hulle en kyk hoe die gekristalliseerde suiker in iets nuuts ontbind. • Ek kraak oop tussen die golwe en kyk in die oog van die grot. Ek fluit ‘n kalmerende deuntjie vir die donker en was tussen die pienk en die rou met soutwater. • Ek kraak oop om plek te maak vir die maan, vir vars lug en vir ‘n somer lied. • Ek kraak oop om plek te maak vir die son, vir die see en vir jou.

11-02-2019