Joune
Pharos-verligting
deur: mabethc
Die patina-gespikkelde gesig staar terug uit die verweerde spieëlDie versonke oogkaste en donker sakke verlig deur flikkerende vlamDie agtergrond is strak, donker, gesluk deur die donker nagOorhoofs skitter die melkweg, momenteel weggesteek deur die deurdringende ligtoringstraalPharos, oorspronklik Grieks vir ligtoring.
07-01-2020
Seemymering
deur: mabethc
Twee vuurvliegies op die duineEn dit was net myneWant daar was niemand om die oomblik te deelDie golwe wat breekEk wat huiwerig vassteekVoordat ek die donker see in wandelEk wonder hoe het Jonker gevoelToe die water haar oorspoel
En die stilte haar verewig omring
Ek wonder so alleen
Wat het vuurvliegies in gemeenMet ons wat stoksielalleen wandel
13-12-2019
Fleur au soleil
deur: mabethc
Die son breek deur'n Klein gaping in die wolkeEn bak neerOp geel-geel blomblareIn die sonneblomveldeVan die Vrystaat
23-01-2020
Cheap poetry
deur: mabethc
Op die oewer van die Zambezi
Kwart-oor 9 die nag
Het ek gekyk na die hemel
En gehoop en verwag
Om 'n ster sy eindstryd te sien maak
Maar na so 'n halfuur
Het ek my hoop gestaak
En begin kyk na die riete
En die ligte oorkant die rivier
En sonder 'n verskietende ster
Gewens jy was hier
28-06-2019
Van Wyk Louw se Grense
deur: mabethc
Vanmiddag lees ek Van Wyk Louw se 'Grense'
en ek vind aanklank by sy wense
en sy ritme, rym en kense
lewensuitsig, en ek wil
myself so uitdruk en graag
ook na die hemel reik
en met my woorde sê
wat ek bedoel,
presies hoe ek voel
sonder skrome.
12-06-2019
Sypaadjie haiku
deur: mabethc
'n Geel fiets staan stilOp 'n sypaadjie langs 'nRoosmalvapotplant
15-08-2019
In Denial
deur: mabethc
With reference to In Detention She went to pick up a parcel
She hiked to the memorial
She needed the bathroom
She went jogging with her family
She needed the bathroom
She went jogging up a parcel
She hiked to the bathroom
She needed to pick up a parcel
She went to her family
She went jogging to the memorial
She needed to go jogging
She hiked to pick up a parcel
She went to the bathroom
She needed the memorial
03-09-2019
Dit was net jy
deur: mabethc
Ek mis die dae wat julle gedigte gepost het asof dit oudmodies gaan raakToe ek verlore kon raak in versreëls en versinselsEn kon wonder, was hierdie een in liefde of in haat geskryfIs dit 'n kunstige shitpost of 'n diep gedagteHet julle reageer of eenvoudig net aan beweeg
03-02-2020
Purperpersmurmerasies
deur: mabethc
PurperpersmurmerasiesSpook in die murasies
Van my kognidrome
En die vrome
Blou lug
Laat my sug
Soos ek wag
Op hierdie skynheilige dag
Vir die belofte van 'n môre
Waar dit reën in die dorre
Woestyn waarin ek myself bevind
06-10-2019
Stop
deur: mabethc
Langpad alleenryGestop tussen stad
En Kimberley se groot gat
Neffens 'n afdraaipad
Sonsop
Sonsonder
Dag lank gewonder
Wolke's dar'm besonder
En ons maar eintlik gewoon
Sout pan, Nama-Karoo
Bosse wat verby vlieg
En ek moet eintlik bieg
Ek wens ek het meer gestop.
12-10-2019
Buzzfeed - geïnspireer
deur: mabethc
Buzzfeed sê, gebaseer op my vakansie-keuse, dat ek as nuwejaarsvoorneme minder op sosiale media moet wees
31-12-2019
Wat verkies jy?
deur: mabethc
Ek verkies muisneste bo verkoue. Met beide sukkel ek om te dink, My kop voel vol en gedagtes trek traag. Met die een draai my kop dronk rondEn die ander een laat my maag bollemakiesie slaan.
15-07-2019
verduideliking
deur: mabethc
Ek skuld vir jou nog woordeMy redes in die lugSo nou skryf ek maar die'n Simpel ou gedigMet basiese rympatroneVier strofes, vier versreëls lankWant my verduidelikingVoel so effens mankDit voel eintlik airySoos 'n baie groot klugWant toe ek dit gedink hetWas jy minder ontstigNou hang dit hier, so tussen onsEn hopelik maak die meer sinWant my rym en woorde is nou opFin
17-11-2019
'n Metafoor
deur: mabethc
Is dit makliker om 'n boks sneesdoekies te koop, as jou badkamer 'n kleurskema het- asking for a friend
20-11-2019
Een mooi begin
deur: mabethc
Ek wandel in 'n jasmynwolkLaatmiddagson wat neerbak'n Lenteswaeltjie wat soek-soek rondspringEn ek onthou"een zwaluw maakt nog geen zomer
maar't is een mooi begin"Dis die belofte van vernuwings en nuut beginVergesel deur jakarandas en bougainvilleas Lang dae en kort nagteRoomys strepe op my hempDis die reuk van sonbrandroomOf selftwyfel as jy vergeet het en sodoende gebrand hetDonderstorms, reën en modderStrate wat die sonsondergang weerkaats in waterplasseDis die wegpak van wintersjasseEn swemklere en handdoek wat gereed lê om gegryp te wordSaam met die dolle gejaag om als wat begin was af te handelDis 'n mooi begin.
01-09-2019
Die lente is hier
deur: mabethc
Renonkels op my boekrakDie lente is hierMy oë is rooiVan stuifmeel en slaaptekortMaar die lente is hierDie volmaan loer nuuskierig deur my kamervensterDie lente is hierDis nog stowwerig en droogGeen reënwolk in sigMaar die lente is hier
17-09-2019
De arte poetica liber
deur: mabethc
Ek wag vir jou in die bib
Op die heel onderste vloer
In die heel verste hoek
Tussen die filosofie boeke
Daar waar jy Aristoteles se
De arte poetica liber sal kry
En vir my
19-06-2019
Middernaggedagtes
deur: mabethc
en skielik, uit die bloute, op 'n stormagtige nag, in die middernagure, oorval die hartseer jou, die verlies van die wat ons al verloor het, en die leemte wat jy so maklik kon volstop met besig wees, gaap jou aan, en trek jou dieper en verder weg van die lig
ou foto's lei jou op 'n dwaalspoor, laat jou liefde betwyfel, want hoe meer jy liefhet, hoe meer kan jy verloor
die antitese van 'n vol lewe, wat jou laatnag in die gesig staar. Is dit beter om te verloor, met die wete dat jy dit gehad het, of om 'n lewe te lei, sonder om iets te hê wat jy kan verloor?
P. S.
in die vroee oggendure,
net voor die son verskyn,
is daar geen skadus
teen die mure
maar dan kruip die son
stadig oor die horison
en word elke ding
neergepen in skadu
18-08-2020
Vir LG
deur: mabethc
Jy stuur vir my foto'sVan sonsondergange op 'n horison
En my hart wens ek kon
Daar langs jou sit
En myle ver kan kyk
Waar alles so rustig lyk
Waar die wolke saam trek
Agter 'n windpomp aan
Waar bekommernisse gaan
En net rustigheid bly staan
Daar in die Noord-Kaap
08-12-2019
SONA 2020
deur: mabethc
Vanaand is Julius vroeg wegEn het Cyril minder van sy mega-stad- lugkasteel-vyfjaarplan gepraat.VF+ se oom het egter gesê Cyril is 'n "lame duck", watookal dit beteken?So, nou, na 'n "not so perfect wedding", sien ek uit na die volgende episode van "Honourable Member".
13-02-2020
'n Ode aan my verlore plakkie
deur: mabethc
Lang paaie, bulte op en heuwels af
Deur veld en oor strand
Oor die suidste bergrand
En af in koshuisgange
Is jou lewe vasgevange
Maar die drange is nou verby
Dit was ek en jy
Maar nou dryf jy verby
Aan die eindelose see
Het die strand jou wegegee
So nou vra ek jou
Wat maak mens met een plakkie?
20-07-2020
tafel vir een, soos altyd
deur: mabethc
'n veld vol lotusplante met 'n tempel in die agtergrond, die perspektief voltooi deur wolkekrabbers van die hedendaagse eeu. All You Need is Love wat in die agtergrond druis terwyl die bedompige hitte vasklou aan my vel, soos beloftes in 'n nuwe verhouding. die donker hemel is grys van dreigende wolke en nou-en-dan dwarrel so paar druppels verward na benede. ek soek skuiling in die eerste restaurant. tafel vir een asseblief, arigato.
11-08-2019
Seepalindroom
deur: mabethc
Die hemelruim en oseaan smelt saam in 'n mistige ontmoeting
Die golwe rol uit die appelkooskleur sonsondergang
En spoel uit op die hemelruim refleksie op die strand
' n Laaste seemeeu maak sy tog huis toe.
Een vlok voëls bespikkel die horison,
Nes die ellips op WhatsApp
Watsenaam is typing...
...
...
'n Groot golf rol in
En die weerkaatsings palindroom is momenteel verwoes
In die oomblik, klink dit asof iemand die klank af gesit het
Terwyl die groot brander homself saamtrek en stadig terug sleur na die res
In die dynserigheid lyk die klippe soos geboë vissermanne
Wat vroegoggend aas uit haal om 'n lewe mee te maak.
Nog 'n ellelange ellips emigreer tuiswaarts
...
...
...
22-10-2020
Election poetry
deur: mabethc
Biden 264 Trump 214 DNJ 1678 poems since 2018
06-11-2020