Joune
Stiltesmag
deur: marinda_dejongh
Hoe wens ek dat ekhierdie dwarrelende warboelvir die absolute stilte,
in oorvloed, kon verruil.
Waar is die hemel,
wat kwansuis
hier op aarde skuil?
Waar is jou stille nag,
jou ware wese,
algehele prag?
Al wat oor is,
is stiltesmag.
05-10-2019
Wolkbreukwoorde
deur: marinda_dejongh
Na jare lig my vingers braafDie potlood wat asvaal en aan’t sterwe
In die stof gebêre lê
‘n Maalkolk van gedagtes;
Skerp skerwe versprei
Oor die landskap van my vergete grond
Met moed vee ek die as vanaf my lippe
Die wolkbreuk breek voort uit my kake
En vloei uit die lood
Eindelik kon ek die woord weer kry
En my só uit hierdie roet bevry
27-08-2019
Alternatiewe realiteit
deur: marinda_dejongh
Ek leef my in, in 'n narratiefVer vanaf die hedeIn 'n denkbeeldige lewe begewe ek my
Ek neem vir myself die woorde
En trap saggies op die akkoorde
Van n delikate lewenslied
Vir n ander ek bedoel
Die note val na onder
En ek staan stil en naak daarsonder
Ek verloor my greep
En word terug gevoer na nou
Die simfonie speel af
Agter n helder ruit
Kan ek dit slegs uitmaak, aanraak?
My alternatiewe realiteit
30-08-2019
Soms
deur: marinda_dejongh
oms grawe die vingers
Van vrees in my vrede
My asem ontduik my
En my tong staan stom
⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀
Soms dwaal die leemtes
Oor my huiwerende lede
En die stilte is die ondertoon
Van my kil gebede
⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀⠀
Maar soms verrys ek soos 'n vlamdier
Uit die roet en puin
Soms bloei my siel van rook en vuur
Soms is my hande rein
18-09-2019
Welkom tuis
deur: marinda_dejongh
Jou stem weergalm in die holtes van my menswees
Waar die brokkies van my gebrokenheid
hulself een-een ontwortel
en afdrup van my mou.
Dis alles, om plek te maak vir jou.
08-09-2019