Joune
Sy pt II
deur: @milli.burd
Sy sit aan die anderkantReinheid in haar oë, wyn in haar hand
Sy sê God het homself aan haar bewys
Eers deur die kerk, toe deur my
Sy drink vinnig en eet tussendeur
Sy praat asof die woorde uit haar hart uit skeur
Sy skree met 'n vraagteken, vra met 'n punt
Terwyl sy my kaak aan die tafel vasbind
Sy maak my wakker, sy praat my aan die slaap
Waar die lewe en die dood my gelyktydig verlaat
Daar's son teen haar slape en slaap in haar dag
En ek wonder of ek al jare vir haar wag
23-10-2019
Bitter bloed
deur: @milli.burd
Hy't bitter bloedEk weet sy mond is soetMaar vra my donker aandeDie nasmaak bly vir maande
23-10-2019
Toe ek Agtien was
deur: @milli.burd
Ek onthou dit soos gister,al was dit vandagAgtien in Aandklas;Sestien as ek lagJy was nie daar nieEk het besluit dis okaySoos Renier gesê het:"Wie van ons is wie ons dink ons is?"Maar: "Jy is die een wat ek wil hê jy moet wees."Soms moet jy eers die voëltjie vangvoor jy hom kan laat gaan.Dan moet jy hoop hy vlieg,want voëltjies is bangEk het hom 'n geheim beloweToe het ek hom vertelEk het laas jaar per ongeluk in sy slaap gevalDit was mooi vir myDit was mooi verbyDit was nie myne nieSlaap sag, Renier.Vergeet van my as jy kan
31-10-2019
Toe ek vas gesit het in ontkenning
deur: @milli.burd
Jy, Christopher, is dood.Ek weet jy is;tog hou ek jou aan die lewe.Ontkenning werk beter as resussitasieJy sien, jy sterf nie net nie -Jy verskietEk is vol van jou splinters - sy splinters -want jy is hy en hy is jyen ek is sy en sy is eken ek en sy sit saam op die puinhoop en treur.So hoe kan ek nie vir haar jok nie?Haar laat glo dat jy wel asemhaalIn haar is daar 'n hartklop wat hare bevestig.In my is daar 'n rokie,maar die vuur bly 'n mite
31-10-2019
Koue Voete
deur: @milli.burd
Ek onthou die begin teen jou borsNet die reg en die verkeerd en al ons vrae tussen onsEn ek onthou hoe't die engele getergSoos om vra of lag nog lekker is, of is God die moeite werd?
Ek kon proe hoe dit sou wees
As ons die paaie weg kon wens en die sterre meer kon lees
En jy kon voel hoe ek beef
Het jy jou roeping toe gevind, daar in die verte, my lief?
Het jy pad al vir ons twee oopgekap?
Ek het my hoed en my linte en my rok al uitgekies
Dis net my voete wat al hoe kouer raak
Ek onthou die einde teen my bors
Ek hoor jou stem, ek sien jou lyf voor my staan
Jy weet dis nooit regtig groet vir ons
En ek klou nog steeds soos dou aan jou naam
Ek kan proe hoe proe die wêreld sonder jou
Soos oggend asem, dronkverdriet aan die einde van my tou
En jy kan voel hoe ek vashou
Het jy jouself al gevind, daar in die eike, my lief?
Of laat die sout my nog steeds soos die somer aan jou kleef?
Ek het my hare en my vel en my suster opgemaak
Dis net my voete wat al hoe kouer raak
Ek onthou die hede, stadig nog
Ek onthou die oomblikke waar jy 'n opsie word
Ek onthou dié voete, selfstandig sonder jou
En my eie hart wat alles warm maak
Dis net my voete wat al hoe kouer raak
23-10-2019