Joune

Gesels

deur: prof_anker
ek is nie vanaand lus om te skryf oor hoe my hart pyn of hoe jy jouself verwrang het nie ek is nie fokken lus om deur papier en ink te huil oor wat ons verloor het nie ek wil net weet hoe dit gaan of jy doodmoeg is na die eksamen of jou broer jou nog net so befok maak of jou oupa nog sy selfde stories vertel en of jou ma nog die hond tee en beskuitjies voer ek is nie vanaand lus om te maak asof jy 'n vreemdeling is nie Want jy is nie ek ken jou jou goed en jou sleg jou sterk en swak dit waarvoor jy lief is en dit wat jy haat ek weet jy hou van mense, maar verkies stilte jy hou van flieks, maar jy's verlief op lees jy kan jou eie pyn hanteer, maar jou hart bloei vir ander jy het jou naaste lief, maar soek nog na liefde in jouself en soos ek hier lê weet ek ek is 'n gedagte agter in jou kop daar iewers tussen liefde en haat ek is nie vanaand lus om derms uit te ryg of om jou te probeer oortuig dat sy gejok het nie ek is nie Fokken lus om alles uit te sort nie vanaand is ek net lus vir bietjie kak praat

30-11-2018