Joune

lucy se diamante

deur: @stoepgallery
Ek het water oor my kop uitgegooi en gehoop dit jaag die angs en hitte weg, maar helaas. Die groot beef het wel begin toe ek die wilgerboom omhels; onvoorwaardelik aanvaar terwyl jy skarlaken patrone met my kwassie op Fabriano maak. Ons het in die akkerblare gerol; grond tussen ons tone en vingers gemaal en iewers het Chico se poef op my maermerrie afgesmeer. Die aardse molmreuk van herfs het nog altyd groei en potensiaal beteken. Strangely nie Vrydagaand nie. Die donkerte het alles somehow wel okayer gemaak en om aan kole te raak met vingerpunte was nie meer seer nie. Ons het gevlieg: hoër en hoër tot die sterk reuk van manlikheid my wakkermaak en jy jou hand uiteindelik van my buik afhaal. Jou oë het geflikker teen drie voormiddag en ons kon die bure hoor liefdemaak terwyl jy jou hart stukkie vir stukkie uit jou borskas pak en ek dit in sagte sneespapier vir jou toevou.

01-10-2020

●○

deur: @stoepgallery
Soveel kleur. Soveel swart. Soveel kleur. Soveel wit. Dankie. Amen.

08-06-2020

eybers en haar parkiebank

deur: @stoepgallery
elizabeth het dit destyds al voorspel: twee swane op 'n meer; hy het haar gerúk, gepluk; kniediens in geblou. vanuit die rooi land newels in sy warboel wêreld van hals en dubbelhals sy klein dood iewers: twee peuters en hulle voorliefde vir vat, balanseer, styptrek en pérs probeer.

24-10-2020

mechanics

deur: @stoepgallery
Is jy gay as jou partner se bakwerk anders lyk as joune, maar julle onderdele; dieselfde? Is jy straight as jou partner se bakwerk dieselfde lyk as joune, maar julle onderdele; verskillend? Is jy enigiets as dit nie anders is nie?

02-07-2020

oorgang

deur: @stoepgallery
die drumpel tussen 'maak 'n einde aan jou maltrap lewe' en 'optimisme van een dag se sterk roetine game' is al deurgetrap. welkom 2021. sê wat jy wil sê.

20-01-2021

tamaties met stroop

deur: @stoepgallery
ek weet uiteindelik waaroor dit gaan: die juxtaposition van die jirre se meesleurende landskap-dioramas set against the techological prowess van die spelers in die scene. Westworld revival? ons sit in 'n stryd. maar dit kan ook mooi wees.

16-02-2021

Liminal (o, here!)

deur: @stoepgallery
Die mooi was naïef. Dis die phoenix, my mens. Dis die ashes, die fire bird met die af-vlerk wat beauriful is, marigolds wat blom deur die skedelrige versreëls. Gee nog 'n jaar van góéd muf; en eendag besef jy dis 'n rebirth. 'n Kleurspel: soos Lucy en haar diamonds.

01-03-2021

Akkerland

deur: @stoepgallery
(Verskoon die nostalgie: dis Sondagaand.) Ek wil nou, nóú in Verbatim Books in Dorpstraat staan met die wêreld se moontlikhede, oop, voor my, soos vriende wat my innooi in hulle wydste ervarings. Ek wil die son op die bankie in die venster sien skyn, die pof kussing agter my rug regtrek en hoor hoe die riempies kraak as ek gaan sit. Ek wil die vriendelike vrou met die interessante stories vra of sy dáái boek oor Kaapse argitektuur het, net om 'n boek oor kleure te koop en onder die akkerboom uit te stap. Ek wil dáárdie reuk kry. Daardie goddelike reuk van boeke, blomme op 'n tafel en houtvloer-politoer. Die gevoel van groen, helder blou, wit en reën. Die Here weet, daardie plek was waar ek hom kon ontmoet. Maar dis ook nou verby. Soos my 20's.

14-03-2021

Probleem van my lewe:

deur: @stoepgallery
"Hoekom dan gewóne magenta gebruik as daar fluorescent magenta is?"

15-07-2021