Joune
Hart (die storie wat nie eindig nie)
deur: theladygray
Voed my harsings in die Harvard
Stort my Hartstog in die water
Hardloop ek weg, dan hark jy my weer nader
Hartlik van onsekerheid maar hartstogtelik
vergader
ons tog altyd
Elke keer
Weer
En weer
My hart verteer
In die sappe van jou braak woorde
Dis my hartsgeheim wat hardop soek
na die harnas van jou oorde
Dis my hard probeer om weer te keer
en te skree teen die gesmoorde
woorde wat ek huil, woorde wat ek skryf,
woorde wat ek bid en smeek en prewel
My hardop roep en hardkoppig vloek
teen hardheid gaan ook sneuwel
Want
Die hartdefek is in my DNA
in my selle ingebrand
Dis deel van my en sal kastei
soos die eelte
op jou hand aan hand
sal ek met jou harmonieer
in die houplek van my gedagtes
Want
Jy’s blind my hart
Jy’s blink my smart
My Hartseer bly nou in die water
waar jou hasardspel heen ly
Ontkenning is nou my hawe
en ek bid dit stel my vry.
05-08-2018